|
10 jaar vanaf die aansoekdatum, en kan onbeperk vir daaropvolgende 10-jaar-tydperke hernu word by betaling van hernuwingsgeld gedurende die laaste ses maande van die registrasie (of ses maande na die vervaldatum by betaling van bykomende gelde)
-
’n Hernuwingsaanmaning sal ses maande voor die vervaldatum deur die kantoor aan die eienaar gestuur word. Die eienaar van die registrasie het egter ook ’n plig om seker te maak dat die registrasie nie verval nie.
-
Vul ’n
TM5-vorm in duplikaat in met ’n betaling van
R260.00 voor of op die vervaldatum.
-
Indien die hernuwing binne ses maande na die vervaldatum ingedien word, is ’n verdere boetebedrag van R48.00 betaalbaar.
-
Indien die hernuwing meer as ses maande na die vervaldatum ingedien word, is die bykomende boete
R145.00 + R260.00
NB:
Verwittig die kantoor indien besonderhede soos die eienaar se naam en adres of adres vir diens/posadres verander het!
-
Indien u nie die hernuwingsgeld binne die voorgeskrewe tyd betaal het nie sal u handelsmerk verval en van die register verwyder word.
-
Indien u u vervalde (verwyderde) handelsmerk wil herstel, sal u ’n hestelprosedure moet volg wat by wet voorgeskryf word.
-
Vul ’n TM2-vorm in met bewys van die betaling van
TM 2 per klas en/of handelsmerk vir ’n spesiale soek om vas te stel of iemand anders dalk tydens u handelsmerk se vervaltyd om dieselfde of ’n soortgelyke handelsmerk aansoek gedoen het.
-
Indien ’n merk nie reeds ingedien is nie, vul ’n
TM 5-vorm in en betaal die herstelgeld van R405,00.
-
’n Uiteensetting van die saak of ’n beëdigde verklaring wat verduidelik hoekom die hernuwingsgeld nie betyds betaal is nie moet by die aansoek aangeheg word.
-
Sodra die herstelaansoek verwerk is, sal ’n kennisgewing vir publikasie in die Patentjoernaal aan die eienaar gestuur word. Let asseblief daarop dat die verantwoordelikheid vir publikasie van die kennisgewing by die eienaar van die handelsmerk berus.
-
Indien geen beswaar binne drie maande ingedien word nie sal die herstelproses afgehandel word.

|