CIPC Home Page
 Start Here...
 Customer Log In
UserName: Password:
Enter code as shown above:

Bank Customer
 Enterprise Enquiry
Enterprise Name:

Enterprise number:
//
 Name Search
Enter the enterprise name you wish to search for...
Search Operators

      Logged in as:
 
  
 
 
 
 
Tswana Version | Zulu Version | English Version
Besware

Regulasie 52(1) maak daarvoor voorsiening dat enige belanghebbende persoon wat teen ’n handelsmerk beswaar maak die Registrateur kan versoek om vir ’n tydperk van drie maande nie ’n sertifikaat uit te reik nie. ’n Aansoek kan teengestaan word binne drie maande na die datum waarop dit in die Patentjoernaal geadverteer is.

Vorm TM3 word gebruik om die Registrateur te verwittig van die voorneme om beswaar aan te teken - ’n bedrag van R260,00 is vir elke handelsmerk betaalbaar. ’n Kopie van die kennisgewing van die voorneme om beswaar aan te teken moet op elke belanghebbende party beteken word. ’n Belanghebbende party kan ’n persoon wees wat ’n direkte en wesenlike belang het, hetsy ’n eienaarsbelang of finansieel.

Die aansoeker moet ’n adres vir bestelling aanwys vir ontvangs van die kennisgewing en ander relevante dokumente. Die respondent moet die aansoeker en die Registrateur skriftelik verwittig of hy/sy verdediging teen die beswaar gaan aanteken. ’n Datum moet bepaal word vir die aanhoor van die beswaar deur die Registrateur.

Regulasie 19(2)(d): Die aansoeker om registrasie van die merk word een maand gegun om kennis te gee dat hy voornemens is om verdediging aan te teken. Vorm TM4 word vir dié doel gebruik - ‘n bedrag van R48,00 is vir elke handelsmerk betaalbaar.

Maak asb. seker dat u met die bepalings van regulasie 19 vertroud is voordat u begin met stappe om beswaar aan te teken.

Magte en jurisdiksie van die Registrateur

Die Wet bepaal dat die Registrateur ten opsigte van verrigtinge voor hom die magte en jurisdiksie het wat ’n enkele regter in ’n siviele geding in die Transvaalse Afdeling van die Hoër Hof het.
TM2 vir kennis van betaling vir verhoor - ’n bedrag van R261.00

Prosedure

Verrigtinge voor die Registrateur is wesenlik dieselfde as aansoekverrigtinge in die Hoër Hof. Indien die saak voor die Registrateur nie behoorlik op grond van ‘n beëdigde verklaring beslis kan word nie, kan hy/sy die saak na die Hoër Hof verwys of ’n bevel gee wat hy/sy billik en dienstig ag.


Terms and Conditions
and Privacy Statement Copyright © CIPC 2011