CIPC Home Page
 Start Here...
 Customer Log In
UserName: Password:
Enter code as shown above:

Bank Customer
 Enterprise Enquiry
Enterprise Name:

Enterprise number:
//
 Name Search
Enter the enterprise name you wish to search for...
Search Operators

      Logged in as:
 
  
 
 
 
 
Tswana Version | Zulu Version | English Version
Hoe om aansoek te doen
  1. Vul ’n TM1-vorm in drievoud in. Twee kopieë is vir kantoorgebruik en die derde een word aan die aansoeker teruggestuur met die aansoeknommer daarop aangebring as bewys van die aansoek.

  2. Registrasiegeld van R590.00 is betaalbaar ten opsigte van elke aansoek.

    Let wel dat u ’n afsonderlike handelsmerkaansoek moet indien vir elke internasionale klas van goedere of dienste waarvoor u u handelsmerk wil gebruik. As u byvoorbeeld motors vervaardig en ook verkoop, moet u twee handelsmerkaansoeke indien:
    een in klas 12: voertuie, apparaat vir voortbeweging op land, deur die lug en op water; en

    een in klas 35: kleinhandel-, groothandel-, invoer- en uitvoerdienste

  3. Om die regte klas vir u goedere of dienste te identifiseer, gaan na: Nice classification, 9de uitgawe, by http://www.wipo.int/classifications/fulltext/nice8/enmain.htm. of kom andersins na die kantoor.Ons personeel sal u kan help om die korrekte klas(se) vir u goedere en/of dienste te identifiseer.

  4. Dui die klas in veld 51 op vorm TM1 aan.

  5. Al die goedere en/of dienste waarvoor u die handelsmerk wil gebruik, moet in veld 57 van vorm TM1 aangedui word.

    Maak seker dat u nie goedere of dienste van verskillende klasse by een handelsmerkaansoek insluit nie. Indien u dit wel sou doen, sal u geadviseer word om die spesifikasie te wysig sodat dit goedere of dienste van net een klas insluit; vir die ander sal u ’n afsonderlike nuwe aansoek moet invul.

  6. Veld 74 van vorm TM1, “Adres vir bestelling”, is die adres waarheen alle kommunikasie van die Kantoor gestuur gaan word. Maak asb. seker dat, indien hierdie adres verander, u die Kantoor verwittig deur ’n verandering van adres vir bestelling op vorm TM2 te versoek. 

  7. Indien u steeds nie seker is van wat om te doen nie, raadpleeg asb VOORBEELD TM1.

  8. Indien u aansoek aan al die formele vereistes voldoen, sal ’n aansoekdatum en ’n amptelike aansoeknommer aan u aansoek toegeken word. Dié aansoeknommer moet as verwysing op alle kommunikasie met die Kantoor verskyn.
  9. NB: Om ’n handelsmerkaansoek in Suid-Afrika in te dien, vereis nasionale wetgewing dat u ’n adres vir bestelling (d.w.s. ’n posadres) in die Republiek van Suid-Afrika moet hê. Indien u nie in Suid-Afrika woon nie, sal u ’n agent moet aanstel om die handelsmerkaansoek namens u in te dien. Ingevolge nasionale wetgewing moet ’n aangestelde “agent” ’n patentbesorger wees wat as sodanig in CIPRO se rekords geregistreer is, of ’n persoon wat as ’n prokureur in die Republiek van Suid-Afrika toegelaat is.
  10. Gee ook asb. ’n e-pos-adres en ’n telefoonnommer waar u gekontak kan word indien dit nodig is.
  11. In die geval van handgeskrewe aansoeke moet u asb. seker maak dat die inligting in LEESBARE DRUKSKRIF op die vorm verskyn.


Terms and Conditions
and Privacy Statement Copyright © CIPC 2011