CIPC Home Page
 Start Here...
 Customer Log In
UserName: Password:
Enter code as shown above:

Bank Customer
 Enterprise Enquiry
Enterprise Name:

Enterprise number:
//
 Name Search
Enter the enterprise name you wish to search for...
Search Operators

      Logged in as:
 
  
 
 
 
 
Tswana Version | Zulu Version | English Version
Voordat aansoek gedoen word

MAAK SEKER VAN DIE VOLGENDE:

’n Handelsmerk is registreerbaar as: 

  • dit ten doel het om die goedere/dienste van een handelaar van dié van ’n ander handelaar te onderskei;
  • dit  nie uitsluitlik bestaan uit ’n teken of ’n aanduiding wat in die handel kan dien om die gehalte, hoeveelheid, bedoelde gebruik, waarde, geografiese oorsprong of ander eienskappe van u goedere of dienste of die wyse of tyd van hul produksie of die lewering van die dienste aan te dui nie; en
  • dit nie in u handelsveld gebruiklik geword het nie.
  • dit nie spesiaal beskermde embleme soos die nasionale vlag of ’n nasionale monument soos ’n afbeelding van Tafelberg voorstel nie;
  • dit nie aanstootlik of strydig met die Wet of bedrieglik van aard gebruik word nie; en
  • daar nie vroeëre botsende regte is nie.

Voorbeelde van onregistreerbare handelsmerke

Die volgende is voorbeelde van handelsmerke wat ons kantoor sal weier om te registreer omdat hulle nie onderskeibaar is nie. Met ander woorde, hulle kan nie die doel van ’n handelsmerk dien deur die goedere of dienste van een handelaar van dié van ’n ander handelaar te onderskei nie en daarom kan hulle nie geregistreer word nie.


Voorbeeld 1: "Uur"

“24 uur” kan nie as ‘n handelsmerk geregistreer word nie omdat die uitdrukking vryelik deur almal gebruik moet kan word. Indien ons die merk sou registreer, verkry die eienaar van die registrasie die eksklusiewe reg om hierdie frase te gebruik en sodoende alle ander ondernemings te verbied om dit te gebruik. Dit kan nie toegelaat word nie.


Voorbeeld 2: "Kaas"

’n Prentjie van kaas kan nie as ’n handelsmerk vir kaas dien nie omdat dit nie die kaas van een persoon van dié van ’n ander sal onderskei nie. Dit sal dus nie die doel van ’n handelsmerk dien nie.


Voorbeeld 3: "Bediener"

Indien die woord “bediener” vir rekenaardienste geregistreer sou word, sal niemand in daardie nywerheid die woord in hul alledaagse praktyk kan gebruik nie. Dit sou onregverdig wees teenoor die handelaars in die spesifieke nywerheid en ook nadelig vir sake. Die woord BEDIENER kan egter vir klerasie geregistreer word omdat die woord in daardie veld nie algemeen in die gang van sake gebruik word nie.


WENKE

  • Uitgedinkte woorde, logo’s of prente is oor die algemeen onderskeidend as dit nie gekopieer of gebruiklik in die handel geword het nie:
    PRZAY eskzzee LobuLo

  • Voeg ’n onderskeidende woord of simbool by ’n nie-onderskeidende woord of frase
    ZeZe Internet Cafe vir restourantdienste
    Piggy Juice vir vrugtesap
    Ivanov's Pizza Place

Spesiale nasporing (opsioneel)

Voordat daar om ’n handelsmerkregistrasie aansoek gedoen word:

  1. U kan op vorm- TM2 om ’n spesiale (voorlopige) nasporing in die Handelsmerkregister aansoek doen om vas te stel of daar nie bestaande vroeëre regte op ‘n identiese of verwarrend eenderse handelsmerk as u beoogde merk bestaan nie, wat kan verhoed dat u merk geregistreer word;
  2. Die TM2-vorm moet soos die VOORBEELD-TM2 ingevul word.
  3. Die koste vir ’n spesiale nasporing is R190,00 en die betalingsbewys moet ons bereik op of voor die datum waarop u aansoek doen.
  4. ’n Bedrag van R190,00 is betaalbaar vir elke afsonderlike klas waarvoor u die spesiale nasporing verlang.
  5. Die verwerktyd vir ’n spesiale nasporing is 15 werksdae.


Terms and Conditions
and Privacy Statement Copyright © CIPC 2011