Cipro Home Page
 (17)Start Here...
 
 Customer Log In
UserName: Password:
Enter code as shown above:

Bank Customer

Forgot password?

REGISTER AS CUSTOMER
 Enterprise Enquiry
Enterprise Name:

Enterprise number:
//
 Name Search
Enter the enterprise name you wish to search for...
Search Operators
Search Site Contents
Search the contents of this website for keyword.
Gateway To Formal Economic Participation

      Logged in as:
 
  
 
 
 
 
Tswana Version | Zulu Version | English Version
Registrasieprosedure

Ongeag of die registrasieproses deur ’n patentprokureur of -besorger geskied of deur die aansoeker geïnisieer word, die volgende stappe moet gevolg word:

Stap 1: Nasporing van bestaande patente

  • Hierdie nasporing kan deur die aansoeker/uitvinder of deur die patentprokureur/-besorger gedoen word.
    • Dit is om te verseker dat geen bestaande patent geskend word nie en dat die uitvinding nuut/onbekend is (artikel 25 van Wet op Patente).
    • Hoewel hierdie aanvanklike ondersoek nie verpligtend is nie, is dit raadsaam.
    • Die nasporing kan in die Pretoriase kantoor van die Registrateur van Patente gedoen word.

Stap 2: Aansoek om te registreer

  • Daar kan op een van drie wyses om ’n patent aansoek gedoen word:
    • Dien ’n voorlopige aansoek in - dit kan deur die aansoeker met of sonder die hulp van ’n prokureur gedoen word.
    • Dien ’n volledige aansoek in - dit moet via ’n patentprokureur gedoen word.
    • Dien ’n PCT(Patent Cooperation Treaty)-aansoek in.

  • Die volgende vorms kan gratis by CIPRO verkry word. Hulle moet ingevul word (in swart ink of getik) en by CIPRO ingedien word: :
    • P1:   “Aansoek om ’n Patent en Erkenning van Ontvangs” , in duplikaat ingedien
    • P2:   “Patentregister”, in duplikaat ingedien
    • P3:  “Verklaring van Volmag”, net een ingedien
    • P6:  : “Voorlopige Spesifikasie”, net een ingedien
    • Alle dokumente moet by voorkeur in tikskrif wees.

  • Indien ’n voorlopige patentaansoek ingedien word, is die hulp van ’n patentprokureur nie verpligtend nie. Dit is belangrik dat die beskrywing van die uitvindsel omvattend en duidelik moet wees en, indien van toepassing, moet tekeninge op A4-velle aangeheg word.
    • Vorm P1, P2 en P6 moet ingevul word, en P3
    • Die   koste van   ’n voorlopige aansoek is R60.

  • In die geval van ’n voorlopige patentaansoek , sal die kantoor van die Registrateur van Patente ’n lêer open en ’n voorlopigepatentaansoek-nommer toeken. Die aansoeker word in kennis gestel deur een van die kopieë van die ingediende P1 terug te stuur.
    • Daarna moet ’n volledige patentaansoek ingedien word binne 12 maande maande na die datum waarop die voorlopige patentaansoek ingedien is (deur ’n patentprokureur of patentbesorger).
    • Gedurende hierdie tydperk (d.w.s die 12 maande tydperk) kan die uitvinder aan sy uitvinding werk.
    • Gedurende hierdie tydperk kan die uitvinder/vervaardiger die mark toets om die lewensvatbaarheid van die uitvinding vas te stel voordat hy die koste verbonde aan ’n volledige patentaansoek aangaan .

  • Indien ’n volledige patentaansoek iingedien word, is die bystand van ’n patentprokureur verpligtend.
    • Vorm P1, P2 en P3 (volmag), P7, P8 en P26 moet ingevul word.
    • Die  koste van ’n volledige aansoek R590.
    • Volledige gedetailleerde beskrywings, aansprake en tekeninge (indien van toepassing) moet ingesluit word.
    • Daar kan ook oorweeg word om in ander lande om patentregte/beskerming aansoek te doen.
    • PCT-aansoeke, nasionale fase, word as volledige aansoeke beskou, maar in plaas van vorm P1 moet vorm P25 ingevul word.

Stap 3: Registrasie van ’n patent

Die formele ondersoek begin ses maande nadat ’n volledige patentaansoek ingedien is.

  • As daar aan al die formaliteite voldoen is, word die aansoek aanvaar. Die aansoeker moet dan sy/haar patent publiseer in die Patentjoernaal, wat maandeliks deur die Staatsdrukker uitgegee word.
    • Die publikasiedatum van die advertensie word as die registrasiedatum beskou.
    • ’n Registrasiesertifikaat word ongeveer 2 maande na publikasie in die Patentjoernaal aan die patenthouer uitgereik.


Terms and Conditions
and Privacy Statement Copyright © CIPRO 2008