Indien patentbeskerming in ander lande verlang word, moet daar volgens die tradisionele patentstelsel afsonderlike patentaansoeke vir elke land ingedien word. Indien patentbeskerming in ander lande verlang word, moet daar volgens die tradisionele patentstelsel afsonderlike patentaansoeke vir elke land ingedien word.
Volgens die tradisionele stelsel moet die patentkantoor in elke land (waarin beskerming verlang word) ’n formele ondersoek van die aansoek en naspoorprosedures uitvoer, d.w.s. ’n duplisering van werk.
Ten einde sommige van hierdie probleme uit te skakel, het die Patent Cooperation Treaty (PCT) in 1978 in werking getree. Hierdie verdrag het in Maart 1999 in Suid-Afrika in werking getree. Daar is tans142 lande (Suid-Afrika ingesluit) wat deel is van hierdie internasionale verdrag.
Soos die naam (Patent Cooperation Treaty) aandui, is die PCT ’n ooreenkoms aangaande internasionale samewerking op die gebied van patente. Meer spesifiek is dit ’n verdrag wat rasionalisasie en samewerking met betrekking tot die indien, naspoor en ondersoek van patentaansoeke moontlik maak.
Die PCT maak nie voorsiening vir die verlening van “internasionale patente” nie.
-
Die taak en verantwoordelikheid vir die werklike verlening van patente berus by die patentkantore in die lande waarin beskerming verlang word.
-
Die PCT vereenvoudig die internasionale naspoor- en voorlopige ondersoekproses en dit verminder die koste.
-
Die PCT maak voorsiening vir die formele ondersoek van die internasionale aansoek deur middel van ’n enkele patentkantoor - die Ontvangskantoor.
-
Elke internasionale aansoek word aan internasionale nasporing onderwerp en die naspoorowerheid doen verslag oor of aansoeke t.o.v.soortgelyke uitvindings ingedien is. Dit stel die aansoeker in staat om te besluit of die uitvinding patenteerbaar is.
-
Die PCT verskaf ’n gesentraliseerde internasionale publikasie van internasionale aansoeke tesame met verwante internasionale naspoorverslae. Dit bied die opsie van ’n internasionale voorlopige ondersoek en voorsien verslae wat die patentkantore in die verskillende ondertekenende lande help, en gee ‘n mening oor of die beweerde uitvinding aan sekere internasionale kriteria vir patenteerbaarheid voldoen.
-
Hierdie dienste vereenvoudig uiteraard die tradisionele prosedures vir patentaansoeke in die buiteland, met ’n aansienlike besparing aan tyd en koste.
-
Volgens die “tradisionele” stelsel moet die aansoeker om ’n patentregistrasie:
-
’n voorlopige patentaansoek indien; en
-
binne 12 maande ’n volledige patentaansoek indien.
-
Op hierdie stadium dien die aansoeker ingevolge die Paryskonvensie patentaansoeke in die buiteland in benoemde lande in (indien nodig).
-
Hierdie internasionale aansoeke het tot gevolg:
-
veelvuldige formaliteitvereistes
-
veelvuldige nasporings;
-
veelvuldige ondersoeke en prosedurele formaliteite; en
-
vertalings en nasionale gelde wat betaalbaar is nadat die patent in elke land ingedien is.
-
Wanneer ’n internasionale aansoek volgens die PCT-stelsel gedoen word, kom daar nog 18 maande vir internasionale nasporing en internasionale publikasie by, d.w.s. tot soveel as 31 maande, voordat die aansoeker finaal moet besluit of hy met die werklike patentaansoek in ander lande moet voortgaan of nie.
-
Volgens die PCT-stelsel wen die aansoeker dus tyd voordat hy moet besluit of hy in ander lande om patente moet aansoek doen of nie en in die proses aansienlike koste aangaan.
-
Indien ’n aansoeker ’n uitvinding het wat hy of sy in ’n aantal lande wil patenteer, word die aansoeker aangeraai om van die Patent Cooperation Treaty (PCT) gebruik te maak voordat hy/sy patentaansoeke in hierdie lande indien - die voordele van die PCT-stelsel word hierbo uiteengesit. Daar kan egter sekere “afslae” of “kortings” wees - en CIPRO kan raad en leiding gee oor hoe om hiervoor in aanmerking te kom.
-
Die aansoeker of patentprokureur moet ’n “Patent Cooperation Treaty Request”-vorm (in drievoud) invul, tesame met die verskillende spesifikasies, tekeninge, ens.
-
Die PCT-kantoor by CIPRO verwerk hierdie aansoek en bereken die koste daarvan.
LET WEL:
-
Enige burger of inwoner van Suid-Afrika kan ’n internasionale aansoek by die Ontvangskantoor in Suid-Afrika indien.
-
Die PCT-stelsel is ’n patent-“indien”-stelsel en nie ’n patent-“verleen”-stelsel nie. Daar bestaan nie ’n “PCT-patent” nie.
-
Die PCT-stelsel maak voorsiening vir die volgende:
-
‘n Internasionale fase, wat uit die volgende bestaan:
-
Indien van die internasionale aansoek
-
Internasionale nasporing
-
Internasionale publikasie
-
Internasionale voorlopige ondersoek (opsioneel)
-
’n Nasionale/streek-fase voor aangewese kantore en/of verkose kantore
-
Die besluit om patente te verleen word gedurende die nasionale fase uitsluitlik deur nasionale of streekkantore geneem.
-
Slegs uitvindings mag via die PCT beskerm word deur om patente, utiliteitsmodelle en soortgelyke titels aansoek te doen.
-
Ontwerp- en handelsmerkbeskerming kan nie via die PCT verkry word nie. Daar is afsonderlike internasionale konvensies wat met hierdie soort nywerheidseiendombeskerming werk (onderskeidelik die Haagse Konvensie en die Madrid Ooreenkoms ). Suid-Afrika het nog nie hierdie ooreenkomste onderteken nie. .
