Cipro Home Page
 (17)Start Here...
 
 Customer Log In
UserName: Password:
Enter code as shown above:

Bank Customer

Forgot password?

REGISTER AS CUSTOMER
 Enterprise Enquiry
Enterprise Name:

Enterprise number:
//
 Name Search
Enter the enterprise name you wish to search for...
Search Operators
Search Site Contents
Search the contents of this website for keyword.
Gateway To Formal Economic Participation

      Logged in as:
 
  
 
 
 
 
Tswana Version | Zulu Version | English Version

Patente

A patent ’n Patent is ’n eksklusiewe reg wat toegestaan word vir ’n uitvinding wat ’n produk of ’n proses is wat ’n nuwe manier daarstel om iets te doen of wat ’n nuwe tegniese oplossing vir ’n probleem bied. Die patent verleen beskerming aan die eienaar, wat hom/haar die reg gee om andere daarvan te weerhou om die uitvinding te vervaardig, te gebruik, uit te oefen, daaroor te beskik, aan te bied om daaroor te beskik of dit in te voer. Die beskerming word vir ’n beperkte tydperk van 20 jaar toegestaan.

Ingevolge die Suid-Afrikaanse Wet op Patente mag individue hul eie voorlopige patentaansoeke indien. Dit is egter wenslik dat aansoekers die hulp van patentprokureurs inroep. , Indien ’n voorlopige patentaansoek ingedien word, hang die krag en omvang van die beskerming in die laaste instansie af van die bewoording en inhoud van die beskrywing van die uitvinding. Die Patentkantoor tref voorsorg om vertroulikheid te handhaaf, maar kan nie aanspreeklik gehou word vir wat buite die kantoor gebeur nie. Patentprokureurs en -besorgers is vertroud met die wetlike vereistes en kan dus voorlopige aansoeke só opstel dat ‘n voldoende omvang van patentbeskerming verseker word. Suid-Afrika is een van 142 lidlande van die Patent Cooperation Treaty (PCT). Hierdie verdrag stel ’n individu in staat om ’n aansoek internasionaal sowel as plaaslik in te dien. Die lande waarin die aansoeker beskerming wil hê, word in die internasionale aansoek aangedui. Ekstra gelde is vir hierdie tipe aansoek betaalbaar. Die Patentkantoor aanvaar geen verantwoordelikheid vir die verlies van regte indien die uitvinding openbaar gemaak en gekopieer word omdat die voorlopige aansoek nie behoorlik opgestel is nie.

Wat is die lewensduur van ’n patent?

’n Patent kan tot 20 jaar van krag bly mits dit jaarliks voor die verstryking van die derde jaar  Dit is belangrik om jaarliks hernuwingsgeld te betaal om dit van krag te laat bly. Die patent verstryk 20 jaar na die aansoekdatum

Wat kan gepatenteer word?

Artikel 25 van die Wet op Patente (Wet 57 van 1978) behandel hierdie saak soos volg:

25. Patenteerbare uitvindings

1) Onderworpe aan die bepalings van hierdie artikel, kan ’n patent verleen word vir ’n nuwe uitvinding waarby ’n vindingryke stap betrokke is en wat in die handel en nywerheid of die landbou gebruik of toegepas kan word.

((2) Enigiets wat bestaan uit -

(a) ’n ontdekking;
(b) ) ’n wetenskaplike teorie;
(c) ) ’n wiskundige metode;
(’n literêre, dramatiese, musiek- of kunswerk of enige ander estetiese skepping;
(e) ’n skema, reël of metode om ’n verstandelike handeling uit te voer, ’n spel te speel of sake te doen;

Die Patentjoernaal

Dit is ’n joernaal wat maandeliks deur die Staatsdrukker uitgegee word en inligting bevat oor patente, handelsmerke, ontwerpe en kopiereg op kinematografiese films wat in Suid-Afrika bestaan. Die Patentjoernaal is by die Staatsdrukker in Pretoria verkry

Registrasieprosedure
Patent Cooperation Treaty


Terms and Conditions
and Privacy Statement Copyright © CIPRO 2008