|
CIPRO bied korporatiewe inligting in die vorm van:
Insae in lêers
Kopieë
Gesertifiseerde kopieë
Elektroniese openbaarmakingsertifikate
Dataverkope in die vorm van CD’s en lêeroordrag protokol (FTP)
Op hierdie wyse kan statutêre inligting bevestig word en sekerheid betreffende die identiteit van korporatiewe entiteite verkry word.
Die aanbieding is gerig op staatsdepartemente, prokureurs, rekenmeesters, buitelanders en lede van die publiek wat ondernemings en individue wil opspoor (om besigheid te doen of produkte of dienste te verkoop) of wat die inligting vir hofdoeleindes nodig het. Volgens die Wet van Toegeskrewe Kennis is die inligting vir alle lede van die publiek beskikbaar.
U kan korporatiewe inligting soos volg bekom:
-
Kontak ons Kliëntekontaksentrum by 0861 843 384.
-
Dien ’n aansoek om die nodige lêers of inligting in by Posbus 429, Pretoria, 0001, vir die aandag van die Korporatiewe-inligtingseenheid.
-
E-openbaarmaking: Indien u ’n openbaarmakingsertifikaat nodig het, kan u dit hier van ons webtuiste kry.
-
Aansoekvorm vir insae in lêers, kopieë, gesertifiseerde kopieë en sertifikate
-
Let asseblief daarop dat u as ’n kliënt op ons stelsel geregistreer moet wees om die inligting te bekom wat u nodig het. Na verwerking sal u ’n staat vir die bedrag ontvang en die inligting sal aan u gestuur word.
Indien alles reg gedoen is, is die wagtyd vir die openbaarmaking van inligting 5 werksdae, na gelang van die beskikbaarheid van inligting.
Om oor hierdie aanbieding navraag te doen, besoek ons gerus op die 4de Verdieping, Esselenstraat 202, Sunnyside, Pretoria.
Vir meer inligting oor die gehalte, volledigheid en akkuraatheid van vorms, kontak asseblief ons Kliëntekontaksentrum by 0861 843 384.
Die Korporatiewe-inligtingseenheid verskaf ’n belangrike steunfunksie aan die departemente wat die registrasie van maatskappye en beslote korporasies hanteer. Die Korporatiewe-inligtingseenheid verskaf ook aan die publiek inligting met betrekking tot bepaalde navrae. ’n Belangrike aspek van die eenheid se werk is die verskaffing en instandhouding van ’n databasis. Dít voorsien onder andere ’n opspoorstelsel vir die ontvangs en verwerking van alle sake in verband met maatskappyregistrasie, wysigings, deregistrasies en restorasies. Dit sluit die bestuur van verskeie werkprosesse in. So, byvoorbeeld, word alle verwante dokumentasie wat die organisasie binnekom, aangeteken en dit vorm die eerste stadiums in die werkvloeiopspoorstelsel. Hierdie opspoorstelsel maak dit moontlik om kliëntenavrae soos die volgende te beantwoord:
-
Wat gaan aan met die registrasie van my BK?". Raadpleeg onsr
dokumentsoekfasiliteit
op ons webtuiste.
-
Kan u my sê of maatskappy XYZ nog bestaan?
-
Ek het die nodige dokumentasie ingedien om nog ‘n lid by my BK te voeg. Is dit al afgehandel?
Raadpleeg ons
dokumentsoekfasiliteit op ons webtuiste.
Lede van die publiek word geredelik toegang gebied tot statutêre dokumentasie van maatskappye en beslote korporasies. Die voorgeskrewe gelde wat by die Korporatiewe-inligtingstoonbank betaal moet word, is soos volg:
| |
Dienste |
Gelde vir beslote korporasies |
Gelde vir maatskappye |
| 1 |
Nagaan van - |
a) ) ’n maatskappylêer in die Maatskappyregistrasiekantoor -
i) persoonlik deur ’n aansoeker; of |
5.00 |
80.00* |
ii) op skriftelike versoek deur ’n aansoeker
(*sluit tot 10 fotokopieë van dokumente in, daarnaR1.00
per kopie - sertifisering uitgesluit); |
20.00
0,50 per fotokopie
|
80.00*
1.00
|
b) die sentrale register van direkteure -
i)persoonlik deur ’n aansoeker; of |
|
5.00 |
| ii) oop skriftelike versoek deur ’n aansoeker (*sluit tot 12 fotokopieë van dokumente in, daarna R1.00 per kopie - sertifisering uitgesluit).
|
0,50 per fotokopie
|
25.00* |
| 2 |
a)) Fotokopie van ’n dokument (A4) (per kopie)
) |
0.50 |
1.00 |
| b) b) Fotokopie op papier gereproduseer van mikrofilm (per kopie) |
0.50
|
1.00 |
| 3 |
Sertifisering van ’n dokument of deel van ’n dokument (per dokument
|
5.00 |
10.00 |
| 4 |
Elektroniese openbaarmakingsertifikaat
|
|
30.00 |
Gelde vir dataverkope en data-aflaai
5 |
DData-uittreksels en verslae van standaardinligting in die CIPRO-databasis op CD/lêeroordrag protokol (FTP) (*sluit koste van posgeld, kompakskyf en voorbereiding in). Die totale koste word bereken teen R0,03 vir elke rekord vir elk van die volgende kategorieë van rekords: basiese maatskappy-inligting (een rekord), direkteursinligting (een rekord per direkteur) en ouditeursinligting (een rekord per ouditeur) |
|
0,03 per rekord* |
| 6 |
Papierdrukstukke/standaardverslae van standaardinligting in die CIPRO-databasis (*sluit tot 500 rekords in)
’n Bykomende bedrag van R10 sal gehef word en ’n tarief van R0,03 vir elke rekord vir elk van die volgende kategorieë van rekords: basiese maatskappy-inligting (een rekord), direkteursinligting (een rekord per direkteur) en ouditeursinligting (een rekord per ouditeur). Elke 500 rekords of deel daarvan sal as ’n afsonderlike versoek om inligting beskou word en dienooreenkomstig gedebiteer word
|
|
10,00 plus
0,03 per
rekord*
* |
| Opsomming van koste |
| Dataverkope |
Maandelikse bywerkings bevat die volgende: |
|
Nuwe registrasies |
0,03 per rekord |
|
Nuwe ouditeure |
0,03 per rekord |
|
Nuwe direkteure/lede |
0,03 per rekord |
|
Geskiedenis (hooflêer) |
0,03 per rekord |
|
Geskiedenis: registrasies |
0,03 per rekord |
|
Geskiedenis: direkteure |
0,03 per rekord |
|
Geskiedenis: ouditeure |
0,03 per rekord |
|
Geskiedenis: kapitaal |
0,03 per rekord |
|