Die registrasie van ontwerpe word beheer deur die Wet op Ontwerpe (Wet 195 van 1993). Die registrasie van ’n ontwerp verseker die eksklusiewe reg om die ontwerp te gebruik. Indien enigiemand anders die ontwerp sonder toestemming probeer kopieer, verkoop of gebruik, kan dit tot ’n regsgeding lei.
Indien ‘n soortgelyke ontwerp nog nie geregistreer is nie, is dit raadsaam om dit te doen voordat daar om registrasie aansoek gedoen word. Nasporing kan by die Ontwerpregistrasiekantoor in
Pretoria gedoen word. . Dit moet persoonlik of deur ’n agent soos die patentprokureur gedoen word.
Die dokumentasie wat vir die registrasieproses nodig is, kan gratis verkry word van die Ontwerpregistrasiekantoor, Privaatsak X100, Pretoria, 0001. Die dokumente is die volgende:
-
Vorm D1: Aansoek en erkenning
-
Vorm D2: Ontwerpregister
-
Vorm D3: Volmag
-
Vorm D6: Finale verklaring en verduidelikende verklaring (Verduidelikende verklarings is slegs vir sekere velde verpligtend, bv. in die geval van ‘n geďntegreerdekring-topografie)
-
Vorm D8: Publikasiebesonderhede
| Vorm D1: |
Aansoek en erkenning
-
Word in duplikaat ingedien
-
Vul die klasnommer in (soos per nasporing)
|
| |
| Vorm D2: |
Ontwerpregister
-
Vul in en dien in duplikaat in
|
| |
| Vorm D3: |
Volmag
|
| |
| Vorm D6: |
Finale verklaring (verpligtend) en verduidelikende verklaring (opsioneel)
-
Dien in duplikaat in
-
Die finale verklaring moet ’n beskrywing wees van die kenmerke van die ontwerp waarvoor beskerming verlang word (bv. fatsoen, patroon, ornamentasie, konfigurasie, soos toepaslik).
|
| |
| Vorm D8: |
Publikasiebesonderhede
-
Dien in duplikaat in
-
Die kort verklaring van eienskappe moet ’n enkel paragraaf of hoogstens 100 woorde beslaan. In wese is dit ’n kombinasie van die finale en verduidelikende verklaring (soos per D6)
|
Voorleggings in die vorm van tekeninge of foto’s moet ingesluit word. Dit kan soos volg wees:
-
Sewe identiese voorleggings, hetsy tekeninge of foto’s. Elke tekening moet op ’n A4-vel wees, of elke foto moet op ’n A4-vel gemonteer wees.
-
Sluit verskillende aansigte in (soos toepaslik), bv. boaansig, syaansig, vooraansig. Sewe van elk is nodig.
-
Kies een aansig vir publikasie en voorsien twee kopieë wat duidelik “Vir publikasie” gemerk is.
-
Alle tekeninge/foto’s, buiten dié wat vir publikasie bedoel is, moet onderteken wees.
-
Wanneer die dokumentasiepakket ontvang en aangeteken is, ontvang die aansoeker-
-
een kopie van die D1-vorm vir erkenning en wat die amptelike ontwerpaansoeknommer aandui.
-
Na ’n tydperk van ses maande word formele ondersoekformaliteite uitgevoer en gewoonlik word daar gedurende die sewende maand (as die aansoeker aan al die formele vereistes voldoen het):
-
kennis van aanvaarding van registrasie aan die Staatsdrukker gestuur en die ontwerp word in die Patentjoernaal gepubliseer.
-
’n registrasiesertifikaat uitgereik.
