Dit is n wetlike vereiste vir die grootste deel van die inligting oor ondernemingregistrasie dat die een of ander vorm vir veranderings ingedien moet word. Daar is egter n taamlik beperkte gedeelte van die inligting wat verander kan word sonder dat n vorm ingedien hoef te word. Ons het gemeen dat dit nuttig kan wees om saam met die beperkte gedeelte ook sekere gratis inligting beskikbaar te stel. Hierdie gratis inligting is aan geen regulasies onderworpe nie en die hoofdoel daarvan is om dit vir u moontlik te maak om bykomende inligting oor u onderneming te verskaf met die oog op groter blootstelling deur die internet.
Maatskappylikwidasie - Hoe om n maatskappy in vrywillige likwidasie te plaas
Ten einde inligting in verband met u onderneming te kan byvoeg of wysig, moet u eers registreer. Hierdie registrasie is bloot n meganisme waardeur ons sal verseker dat net u u onderneming se inligting kan verander. Tydens registrasie sal u gevra word om n wagwoord en kontakbesonderhede te verskaf. Die wagwoord, tesame met u onderneming se nommer, sal gebruik word om toegang te verkry tot die koppelvlak wat u sal toelaat om veranderinge aan te bring. Die kontakbesonderhede sal gebruik word om u registrasie te verifieer voordat dit goedgekeur word.
Na suksesvolle registrasie sal u die volgende inligting kan byvoeg of verander: -
| Wagwoord |
Die wagwoord wat gebruik word om aan te teken op die veranderingskoppelvlak Verpligte inligting |
| Telefoonareakode |
Die areakode wat deur die algemene publiek gebruik word om met u organisasie kontak te maak. |
| Telefoonnommer |
Die telefoonnommer wat deur die algemene publiek gebruik word om met u organisasie kontak te maak. |
| Faksareakode |
Die areakode wat deur die algemene publiek gebruik word om fakse na u organisasie te stuur. |
| Faksnommer |
Die faksnommer wat deur die algemene publiek gebruik word om fakse na u organisasie te stuur. |
| E-posadres |
n Kontak-e-posadres wat deur CIPRO-personeel gebruik word om u op die hoogte te hou van nuus oor dienste wat by hierdie webtuiste beskikbaar gestel word.
Hierdie e-posadres is ook vir die algemene publiek beskikbaar. Verpligte inligting |
| Docex-adres |
As u n docex-adres het en dit aan die algemene publiek bekend wil stel, kan u dit hier doen. |
| Webadres (URL - unique resource locator) |
As u organisasie n webtuiste op die internet het en n URL aan die algemene publiek beskikbaar wil stel, kan u die URL hier byvoeg. Die URL verskyn as n hiperskakel wanneer daar na onderneminginligting gekyk word. |
| Bykomende inligting |
Enige inligting wat na u mening relevant is vir die bevordering van u organisasie of enige ander algemene inligting wat u deur hierdie webtuiste wil bekend maak. Maksimum van 1 500 karakters. |
| Naam van verantwoordelike persoon |
Die naam van die persoon in u organisasie wat gewoonlik vir die bywerk van hierdie inligting verantwoordelik is. Hierdie inligting is nie vir die algemene publiek beskikbaar nie maar word deur CIPRO-personeel gebruik om te verifieer dat registrasies bo verdenking is. Verpligte inligting |
| Kontaktelefoonnommer van verantwoordelike persoon |
Hierdie inligting is nie vir die algemene publiek beskikbaar nie maar word deur CIPRO-personeel gebruik om te verifieer dat registrasies bo verdenking is. Verpligte inligting |
Gebruik u onderneming se nommer (sonder die skuins strepe) en die wagwoord wat u by registrasie verskaf het om toegang te kry tot die koppelvlak wat u sal toelaat om u inligting te verander.
Let wel: - Wagwoorde IS kassensitief. As u wagwoord dus DingBat is, sal Dingbat, dingbat of dingBat n aantekenfout veroorsaak.
Dit het betrekking op alle veranderings van die bestaande naam, hoofbesigheid en doel sowel as op veranderings in die akte van oprigting en statute van n maatskappy.
Veranderings word aangebring ooreenkomstig artikel 199(1) en 200(1) van Wet 61 van 1973, soos gewysig.
1. Naamsverandering, vertaalde of verkorte naam van n maatskappy.
| Vereiste vorms |
Koste |
Beskrywing van vorms |
| CM5 |
Moet goedgekeur word |
Aansoek om gereserveerde naam |
| CM9 (1 aansoek en 2 sertifikate) |
R30 |
Aansoek om naamsverandering |
| CM7 (indien toepaslik) |
R30 |
Registrasie van n verkorte of vertaalde naam |
| CM9A (1 aansoek en 2 sertifikate) |
R30 |
Aansoek om verandering van n verkorte of vertaalde naam |
| CM9B (indien toepaslik) |
R5 |
Deregistrasie van n verkorte of vertaalde naam |
| CM26 |
R80 |
Inhoud van veranderings in die maatskappy |
| Notice |
N/A |
Indien 21 tussen liggende dae kennis gegee is |
| Notice plus CM25 |
N/A |
Indien minder as 21 tussen liggende dae kennis gegee is |
| CM25A |
N/A |
Indien geen kennis gegee is nie |
2. Verandering van hoofdoel en hoofbesigheid
| Vereiste vorms |
Koste |
Beskrywing van vorms |
| CM26 |
R80 |
Inhoud van veranderings in maatskappy |
| Notice |
|
Indien 21 tussen liggende dae kennis gegee is |
| Notice plus CM25 |
|
Indien minder as 21 tussen liggende dae kennis gegee is |
| CM25A |
|
Indien geen kennis gegee is nie |
3. Beskrywing van wysiging
| Beskrywing van wysiging |
Vereiste vorms |
Koste |
Beskrywing van vorms |
| Skrap voorwaardes |
CM18 |
R20 |
Hofbevel vir registrasie |
| Omskepping in aandeelblok |
CM26 |
|
|
| CM9 |
R30 |
|
| Kennisgewing |
|
Indien 21 tussen liggende dae kennis gegee is |
| Kennisgewing plus CM25 |
|
Indien minder as 21 tussen liggende dae kennis gegee is |
| CM25A |
|
Indien geen kennis gegee is nie |
| Goedgekeurde CM5 |
|
|
| Nuwe akte van oprigting en statute |
|
|
| Omskepping van n aandeelblok |
CM26 |
R80 |
|
| CM9 |
R30 |
|
| Goedgekeurde CM5 |
|
|
Kennisgewing/Kennisgewing plus cm25/ cm25 Nuwe akte van oprigting en statute Brief om te bevestig dat geen verdere aandele uitgereik is of regte prysgegee is nie |
|
|
| Omskepping van een tipe maatskappy in n ander |
CM26 |
R80 |
Inhoud van die besluit |
| CM45 |
R40 |
Sertifikaat van inkorporasie ten opsigte van die omskepping van een tipe of vorm van maatskappy in n ander tipe of vorm van maatskappy |
| Kennisgewing |
|
Indien 21 tussen liggende dae kennis gegee is |
| Kennisgewing plus CM25 |
N/A |
Indien minder as 21 tussen liggende dae kennis gegee is |
| CM25A |
N/A |
Indien geen kennis gegee is nie |
| Nuwe statute |
|
|
| Kennis gepubliseer in die Staatskoerant drie weke voor die datum van die vergadering, behalwe in die geval van die omskepping van n privaat maatskappy in n publieke maatskappy met slegs aandelekapitaal |
|
|
| Vermeerdering van kapitaal |
CM26 |
R80 |
|
| Kennisgewing |
|
|
| Kennisgewing plus CM25 |
|
|
| CM25 |
|
|
| CM11 |
R5 vir elke R1 000 vermeerdering |
Betaling van gelde vir kapitaalvermeerdering |
| Terugkoop van aandele |
Die statute van die maatskappy moet hom toelaat om dit te doen |
|
|
| n Algemene magtiging deur n spesiale besluit |
|
|
| CM14A |
|
|
| Verklaring deur die direkteure in terme van art 85 |
|
|
| Betaling aan aandeelhouers |
Die statute van die maatskappy moet hom toelaat om dit te doen |
R80 |
|
| CM14A |
|
|
| Verklaring deur direkteure in terme van art 90 |
|
|
| Aflossing van aandele |
CM19 |
|
Kennis van aflossing van aflosbare voorkeuraandele |
| Spesiale besluit kragtens artikel 98(2) van die Maatskappywet |
|
|
| Uitreiking van aandele |
CM15 |
|
Opgawe van aandeeltoekenning |
Vorm CM15 is n opgawevorm wat deur n maatskappy ingedien word om die Registrateur in kennis te stel dat die maatskappy aandele toegeken het en waarin besonderhede gegee word van die nominale en voorheen uitgereikte aandelekapitaal of verklaarde kapitaal en van die getal en beskrywing van die aandele waaruit die toekenning bestaan. Die vorm moet ingedien word binne een maand nadat die aandele toegeken is of anders moet n boete van R150 betaal word.
n Vorm CM16 is n opgawevorm wat deur n maatskappy ingedien word om die Registrateur in kennis te stel dat die toekenning van aandele ongeldig geword het. Die redes daarvoor moet op die vorm aangegee word, bv. niebetaling vir aandele of te veel aandele toegeken waarvoor nooit betaal is nie. Die vorm moet ingedien word binne een maand nadat sodanige toekenning ongeldig geword het, maar geen boete word vir laat indiening gehef nie.
n Vorm CM19 word deur n maatskappy ingedien om die Registrateur in kennis te stel dat sy aflosbare voorkeuraandele afgelos is. Die statute van die maatskappy moet die regte verbonde aan die aandele aandui en moet ook die wyse en datum van aflossing spesifiseer. Die vorm moet ingedien word binne een maand na die aflosdatum maar geen boete word vir laat indiening gehef nie.
n Vorm CM14A word deur n maatskappy ingedien om die Registrateur in kennis te stel van die verkryging van aandele of van betalings aan aandeelhouers deur die maatskappy. Die statute moet die bevoegdheid verleen om aandele terug te koop en betalings aan aandeelhouers te doen. n Spesiale besluit word vereis vir n algemene goedkeuring of n spesifieke goedkeuring. Die verklaring deur die direkteure betreffende die toereikendheid van kapitaal na die terugkoping moet ingevolge artikel 85 van die Maatskappywet by indiening by die CM14A aangeheg wees. Die vorm moet ingedien word binne een maand na die datum van verkryging maar geen boete word vir laat indiening gehef nie.
CM15
- Verifieer die naam en registrasienommer van die maatskappy.
- Item 1 Kontroleer die toekenningsdatum; die CM15 moet binne een maand na die toekenningsdatum ingedien word.
- Item 2 Verifieer die gemagtigde kapitaal.
- Item 3 Aandele waarvoor in die memorandum ingeskryf is - met inkorporasie
- Item 4 Verifieer voorheen uitgereikte aandele aan die hand van CM15 wat op rekord is.
- Item 5 Dit is die nuwe toekenning.
- Item 6a, b & c Ander aandele as diι wat vir kontant toegeken is
- Item 7 Totale huidige uitgereikte kapitaal
- Die CM15 moet deur die direkteur/ bestuurder of sekretaris van die maatskappy geteken word.
CM16
- Verifieer die naam en registrasienommer van die maatskappy.
- Item 1 - Verifieer gemagtigde kapitaal.
- Item 2 - Kontroleer voorheen uitgereikte kapitaal aan die hand van laaste CM15 wat op rekord is.
- Item 3 Besonderhede van toekenning wat ongeldig geword het.
- Item 4 Redes hoekom toekenning ongeldig geword het.
- Item 5 Totale huidige uitgereikte kapitaal.
- Die CM16 moet deur die direkteur/ bestuurder of sekretaris van die maatskappy geteken word.
CM19
- Verifieer die naam en registrasienommer van die maatskappy.
- Item A Gemagtigde en voorheen uitgereikte kapitaal.
- Item Bi Aandele wat uit winste afgelos is
- Item Bii Aandele wat uit die opbrengs van n nuwe uitreiking van nuwe aandele uitgereik is; n spesiale besluit word vereis indien gewone aandele in plaas van afgeloste aandele uitgereik word.
- Item C Nuwe aandele uitgereik in die plek van afgeloste aandele.
- Item D Kapitaal na aflossing.
- Die CM19 moet deur die direkteur/bestuurder of sekretaris van die maatskappy geteken word.
CM14A
- Verifieer die naam en registrasienommer van die maatskappy..
- Item 1 Gemagtigde kapitaal.
- Item 2 Voorheen uitgereikte kapitaal.
- Item 3 Betalings in verband met aandeelpremierekening.
- Item 4 Besonderhede van verkryging.
- Item 5 Huidige uitgereikte kapitaal.
- Die CM14A moet deur die direkteur/bestuurder of sekretaris van die maatskappy geteken word.
Likwidasiemetodes:
- n Maatskappy kan gelikwideer word
- deur die hof, kragtens artikel 344; of
- vrywillig, kragtens artikel 349.
- Die vrywillige liwidasie van n maatskappy kan
- n vrywillige likwidasie deur krediteure wees kragtens artikel 349 & 351; of
- n vrywillige likwidasie deur lede wees kragtens artikel 349 & 350.
Die volgende is standaarddokumente wat ingevul en ingedien moet word
| Dokumente |
Doel |
Gelde |
| CM26 (in duplikaat) |
Spesiale besluit |
R80,00 inkomste, oorspronklike gestempel |
| CM25A |
Tersydestelling van kennis |
- |
| CM25 |
Tersydestelling van kennistydperk |
- |
| N KOPIE VAN KENNISGEWING AAN AANDEELHOUERSVERGADERING |
Om aandeelhouers in kennis te stel van vergadering wat gehou gaan word |
- |
| JM12-BRIEF (vereis ingevolge lede se vrywillige likwidasie) |
Bewys dat sekuriteit tot bevrediging van die Meester verskaf is, of dat die Meester afgesien het van die verskaffing van sodanige sekuriteit |
- |
Aanstelling van n likwidateur
Die volgende standaarddokumente moet ingedien word
| Dokumente |
Doel |
Gelde |
| CM40 |
Aanstelling as likwidateur/voorlopige geregtelike bestuurder/geregtelike bestuurder |
- |
bestuur te plaas
Die volgende is standaarddokumente wat ingedien moet word:
| Dokumente |
Doel |
Gelde |
| Hofbevel (oorspronklike geteken, gedateer en gestempel) |
Voorlopige likwidateur/finale likwidateur/voorlopige geregtelike bestuur/geregtelike bestuur |
- |
Hoe om n maatskappy se likwidasie tersyde te stel
Die volgende is standaarddokumente wat ingevul en ingedien moet word
| Dokumente |
Doel |
Gelde |
| CM18 |
Hofbevel vir registrasie |
R20,00 inkomste, oorspronklike gestempel |
| Hofbevel, oorspronklike geteken, gedateer en gestempel |
Hoe om n maatskappy se likwidasie tersyde te stel |
- |
Hoe om n maatskappy in n staat van ontbinding te plaas
Die volgende is standaarddokumente wat ingedien moet word
| Dokumente |
Doel |
Gelde |
| 419 (1): Sertifikaat (uitgereik deur die Meester van die Hooggeregshof, oorspronklike geteken, gedateer en gestempel) |
Ontbindingsertifikaat |
- |