Cipro Home Page
 (17)Start Here...
 
 Customer Log In
UserName: Password:
Enter code as shown above:

Bank Customer

Forgot password?

REGISTER AS CUSTOMER
 Enterprise Enquiry
Enterprise Name:

Enterprise number:
//
 Name Search
Enter the enterprise name you wish to search for...
Search Operators
Search Site Contents
Search the contents of this website for keyword.
Gateway To Formal Economic Participation

      Logged in as:
 
  
 
 
 
 
Zulu Version | Tswana Version | English Version
Registrasieprosedure
  • Normaalweg is ’n persoon wat ’n werk geskryf, gedruk, gepubliseer, opgevoer, gebeeldhou, geverf, verfilm of opgeneem het die eienaar van die kopiereg op daardie werk.
  • Soms, as iemand opdrag ontvang het en betaal is om ’n bepaalde stuk werk te doen, behoort die kopiereg aan die werkgewer.
  • Vir die meeste werke (buiten films) kan daar nie om kopiereg aansoek gedoen word nie omdat dit outomaties bestaan.
  • Kopiereg word geskep deur die woorde “kopiereg” of “kopiereg voorbehou” of “kopiereg Smith 2002” (d.w.s. “kopiereg” gevolg deur ’n naam en die jaartal), of die kopieregsimbool, naam en jaartal, bv. © Meati 2009.
  • Mens kan kopieregbeskerming kry as jy Suid-Afrikaans is of as jou werk in Suid-Afrika voortgebring is. Indien jy nie Suid-Afrikaans is nie kan jy kopieregbeskerming verkry mits die land waarvan jy ’n burger is ’n lid van die Bernekonvensie is. Die Bernekonvensie is ’n internasionale ooreenkoms oor kopiereg waarvolgens lidlande aan mekaar kopieregbeskerming verleen.
  • • In die geval van films/video’s wat vir kommersiële gebruik gemaak is, moet daar formeel om kopiereg aansoek gedoen word deur middel van die volgende dokumentasie, wat gratis by die Kopieregkantoor verkrygbaar is :

    • Vorm RF1, in duplikaat
    • Vorm RF2, in duplikaat
    • Vorm RF3, in duplikaat
    • Vorm RF9 tesame met die “Statement of case”
    • Volmagbrief indien van ’n prokureur gebruik gemaak word
    • Die koste is R510,00.


Terms and Conditions
and Privacy Statement Copyright © CIPRO 2008