Dit is maatskappye wat geregistreer is om dienste te lewer en nie beoog om wins te maak of beoordeel te word volgens die wins wat hulle wel maak nie. Hierdie verenigings sonder winsoogmerk word dikwels deur skenkings of fondse uit die buiteland befonds. Oor die algemeen lewer hulle dienste aan verskeie gemeenskappe, soos kindervoedingskemas, organisasies wat VIGS-wesies versorg, godsdienstige en welsynsorganisasies, ens.
Hierdie maatskappye word geregistreer ingevolge
artikel 21 van die Maatskappywet en word dikwels artikel 21-maatskappye genoem. ’n Artikel 21-maatskappy moet minstens 7 lede en minstens 2 direkteure hê.
Omdat dit so ingewikkeld is om die akte van oprigting en statute van ’n maatskappy op te stel, moet die dienste van ’n regspraktisyn by die voorbereiding van die dokumentasie gebruik word.
LW: ’n Maatskappy sonder winsoogmerk word ook ’n vereniging ingelyf kragtens artikel 21 genoem.
Die dokumentasie vir die registrasie van ’n maatskappy sonder winsoogmerk (artikel 21-maatskappy) is soos volg:
| Dokumente |
Doel |
Gelde |
| CM5 |
Aansoek om reservering van naam |
R50-00 |
| CM22 (in duplikaat) |
Kennisgewing van geregistreerde kantoor en posadres |
Geen |
| CM29 |
Instemming tot registrasie van direkteure, ouditeure en beamptes
|
Geen |
| CM31 |
Instemming om as ouditeur op tetree |
Geen |
| Volmag |
Magtiging om namens lede/direkteure te teken
|
Geen |
| CM51 |
Sertifisering van addisionele afskrifte van dokumente ingedien (opsioneel
|
R15-00 |
Die akte van oprigting en statute bestaan uit die volgende dokumente:
| Maatskappy-
kategorie
|
Dokumente |
Doel |
Gelde |
| Maatskappy beperk deur garansie, of vereniging ingelyf kragtens artikel 21
|
CM44BCM44C,
CM3, CM4, CM4B, CM44, CM44B, CM44C, maatskappy wat tabel B aanvaar |
Sertifikaat van inkorporasie, akte van oprigting en statute ingevolge die Maatskappywet.
|
R350 |
