’n Buitelandse maatskappy is een wat in ’n ander land geregistreer is en wat ’n maatskappy in Suid-Afrika wil oprig.
| Byvoorbeeld: |
AERO BENIN is ’n maatskappy wat in Duitsland geregistreer is. Sy hoofbesigheid fokus op lug- en seevrag en passasiersvervoer. Hy het ’n buitelandse maatskappy, bekend as AERO BENIN SA, in Suid-Afrika opgerig.
|
’n Suid-Afrikaanse regspraktisyn moet gebruik word om die registrasieproses van sulke buitelandse maatskappye te fasiliteer.
Benewens die verskillende dokumente wat ingevul en by die Registrateur van Maatskappye ingedien moet word, moet ’n akte en statute, in boekvorm gebind, voorsien word. Elke bladsy moet in die land van oorsprong deur ’n notaris gesertifiseer word. Indien hierdie dokumente nie in Engels is nie, moet ’n vertaalde stel voorsien word – en sodanige vertaling moet deur ’n vertaalsertifikaat gewaarmerk word.
Die registrasiedokumentasie van ’n buitelandse maatskappy is soos volg:
| Dokument |
Doel |
Gelde |
| CM22 (moet in duplikaat ingedien word) |
Geregistreerde adres in Suid-Afrika |
Geen |
| CM29 |
Besonderhede van direkteure: Suid-Afrikaans en buitelands |
Geen |
| CM31 |
Instemming om as ouditeur op te tree |
Geen |
| CM37 |
Kennisgewing van persone gemagtig om namens ’n buitelandse maatskappy diens te aanvaar
|
Geen |
| CM49 (moet in duplikaat ingedien word) |
Registrasiesertifikaat |
R350-00 |
| CM51 |
Sertifisering van addisionele afskrifte van dokumente ingedien (opsioneel) |
R15-00 |
By finale registrasie reik die Registrateur van Maatskappye ’n registrasienommer en ’n sertifikaat van inkorporasie uit.
