Cipro Home Page
 (17)Start Here...
 
 Customer Log In
UserName: Password:
Enter code as shown above:

Bank Customer

Forgot password?

REGISTER AS CUSTOMER
 Enterprise Enquiry
Enterprise Name:

Enterprise number:
//
 Name Search
Enter the enterprise name you wish to search for...
Search Operators
Search Site Contents
Search the contents of this website for keyword.
Gateway To Formal Economic Participation

      Logged in as:
 
  
 
 
 
 
Zulu Version | Tswana Version | English Version
KANTOOR VAN DIE REGISTRATEUR VAN KOÖPERASIES

Die hoofdoel van hierdie direktoraat is om voorsiening te maak vir die stigting, registrasie en registrasie van en toesig oor koöperasies en die kantoor het ’n mandaat om die Co-operatives Act, 2005 (Act 14 of 2005) te administreer. Die kantoor fasiliteer ook toenemende ondernemingbesit deur benadeelde persone en bevorder die oprigting van koöperasies in arm, landelike gemeenskappe.

Hoofverantwoordelikhede

TDie direktoraat is verantwoordelik vir die registrasie, likwidasie en deregistrasie van koöperasies sowel as vir amalgamasies en omskeppings. Navrae van die publiek word beantwoord (navrae van die publiek) en inligting word verskaf oor koöperasies. Die kantoor is ook verantwoordelik vir die ontleding van koöperasies se finansiële state.

1 Wat is ’n koöperasie?

‘n Koöperasie is ’n outonome assosiasie van persone wat verenig om hul onderlinge ekonomiese, sosiale en kulturele behoeftes te bevredig deur middel van ’n onderneming in gesamentlike besit en onder demokratiese beheer wat volgens koöperatiewe beginsels georganiseer en bedryf word.

2 Wat is die kenmerke van ’n koöperasie?

  • ’n Assosiasie van persone
  • Vrywillige grondslag
  • Onderlinge of gemeenskaplike ekonomiese, sosiale en kulturele behoeftes
  • Onderneming in gesamentlike besit en onder demokratiese beheer
  • Koöperatiewe beginsels

3 Wat is die koöperatiewe beginsels?

  • Demokratiese beheer deur die lede
  • Vrywillige en oop lidmaatskap
  • Outonomie en onafhanklikheid
  • Opvoedkundige opleiding en inligting
  • Samewerking tussen koöperasies
  • Omgee vir gemeenskap
  • Ekonomiese deelname deur gemeenskap

4 Hoe werk ’n koöperasie?

’n Koöperasie is ’n bepaalde vorm van onderneming wat dienste en produkte aan sy lede lewer. Winste, bekend as surplusse in ‘n koöperasie, word onder die lede verdeel in verhouding tot die hoeveelheid besigheid wat elke lid met die koöperasie gedoen het.

5 Wat is die voordele?

  • Lede bereik wat hulle nie op hul eie kan bereik nie.
  • Dit verskaf maklike toegang tot nodige dienste.
  • Lede betaal minder vir insette, bemarking, verspreiding en verkoop van produkte
  • Produkte word verwerk, indien nodig.

6 Hoe begin mens ’n koöperasie?

STIGTING: HOU ’N VERGADERING OM VAS TE STEL OF DAAR GENOEG BELANGSTELLING IN DIE BEOOGDE PROJEK IS

  • Die voorsitter lees aan almal by die stigtingsvergadering dié deel van die sakeplan voor wat die doelwitte en sakevooruitsigte uiteensit.
  • Alle vrae word beantwoord
  • Almal word uitgenooi om aan te sluit.
  • ’n Aansoekvorm vir lidmaatskap moet aan almal wat belangstel, gegee word om in te vul.
  • Diegene wat die aansoekvorm vir lidmaatskap ingevul het, kies dan ’n direksie
  • Die koöperasie is nou regtens gestig

STIGTING: HOU ’N STIGTINGSVERGADERING

  • Identifiseer die doelwitte (presies wat die koöperasie wil doen)
  • Toerusting, geboue en ander materiaal wat nodig is vir die onderneming
  • Finansiële behoeftes (hoe gaan dit verkry word?))
  • Perseel (waar die koöperasie geleë gaan wees)
  • Kies ’n dagbestuur om die stigtingsproses verder te voer
  • Stel ’n aanvanklike aksieplan op
  • Stel ’n grondwet (konstitusie) op wat die prosedures voorskryf wat die koöperasie moet volg om sy doelwitte te bereik (kyk onderaan hierdie bladsy vir modelle wat gebruik kan word)

STIGTING: Die verdere proses

  • Die eerste direksievergadedring
  • Die registrasieproses
  • Invul van registrasievorms en konstitusie
  • Indien van dokumente by die Registrateur van Koöperasies vir oorweging
  • Registrasiesertifikaat
  • Konstitusie geregistreer
  • Begin sake doen!

7 Wie kan ’n lid word?


Terms and Conditions
and Privacy Statement Copyright © CIPRO 2008