Die beslote korporasie is ’n eenvoudiger en buigsamer besigheid as ’n maatskappy. Dit is besonder geskik vir klein besighede. Die bestuurs- en administratiewe vereistes vir beslote korporasies is minder formeel as vir maatskappye. In teenstelling met die Maatskappywet, is die Wet op Beslote Korporasies só ontwerp dat gewone mense self die dokumente kan opstel en die korporasie kan registreer.
Hoewel ’n beslote korporasie verplig is om ’n rekenpligtige beampte te hê, word geouditeerde finansiële state nie verlang nie. Die Maatskappywet skryf verpligte vergaderings, soos algemene jaarvergaderings, vir maatskappye voor. Daar is nie soortgelyke vereistes vir beslote korporasies nie. Vergaderings vind gewoonlik op ’n ad hoc-grondslag tussen lede plaas. Nie al die lede van BKs hoef aktief by die bedryf van die besigheid betrokke te wees nie. In die meeste BKs is die lede egter ook die bestuurders van die besigheid.
Beslote korporasies word deur die Wet op Beslote Korporasies, 1984 (Wet 69 van 1984) beheer.
Waarom ’n BK stig?
Lede van ’n BK
Registrasieprosedure
Deregistrasie en likwidasie
Invul van CK7 & CK1
Beslote korporasies vs maatskappye