Cipro Home Page
 (17)Start Here...
 
 Customer Log In
UserName: Password:
Enter code as shown above:

Bank Customer

Forgot password?

REGISTER AS CUSTOMER
 Enterprise Enquiry
Enterprise Name:

Enterprise number:
//
 Name Search
Enter the enterprise name you wish to search for...
Search Operators
Search Site Contents
Search the contents of this website for keyword.
Gateway To Formal Economic Participation

      Logged in as:
 
  
 
 
 
 
Zulu Version | Tswana Version | English Version
Registrasieprosedure

Daar is basies twee stappe in die registrasieproses:
  1. Aansoek om reservering van BK se naam
  2. Beslote korporasie se stigtingsverklaring

1.   Aansoek om reservering van naam

  • Voordat ’n BK geregistreer kan word, moet sy voorgestelde naam geverifieer, goedgekeur en gereserveer word. Dié prosedure sluit in:
    • Kontroles om seker te maak dat die voorgestelde naam nie reeds in die naamregister voorkom nie
      • Die kriteria vir die kontrolering van die voorgestelde naam sluit in:
        • Eenderse name
        • Vergelykbare name
        • Aanstootlike name

  • Die vorm wat nodig is om ’n naam te reserveer, is vorm CK7, “Aansoek om reservering van ’n naam of ’n vertaalde of verkorte weergawe”. Klik hier vir hulp met die invul van hierdie vorm.
    • Laai hierdie vorm af en druk dit deur hier te klik.
    • ‘n CK7 kan ook elektronies ingedien word deur hier te klik.
    • Hierdie vorm (CK7) kan ook gekoop word by skryfbehoeftewinkels wat regsvorms verkoop, soos Waltons of Hortors, of sekere takke van CNA.
    • Indien die CK7 nie aanlyn ingedien word nie moet dit met swart ink ingevul word. Die skrif moet leesbaar en in hoofletters wees.
    • ’n Bedrag van R50.00 word afgetrek van die virtuele rekening wat u open wanneer u as kliënt registreer.
    • Die CK7 moet goedgekeur word voordat vorm CK1vir registrasie ingedien word.

  • ’n Aansoek om ’n naam vir ’n maatskappy of ’n beslote korporasie te reserveer, kan elektronies deur ’n geregistreerde kliënt ingedien word. Gaan na Registreer as ’n Kliënt om te registreer.

  • Wanneer die voorgestelde naam gekontroleer en goedgekeur is, sal die Kantoor van die Registrateur van Beslote Korporasies die goedkeuring bevestig deur middel van ’n bevestigingsbrief waarin die naam wat bevestig en gereserveer is, aangedui word. Hierdie brief word aan die aansoeker gepos , of per e-pos gestuur of kan by die toonbank in Pretoria afgehaal word.
    • Laat 7 werkdae toe vir verwerking.
    • Die goedgekeurde naam word gereserveer of is geldig vir twee maande. (Indien dit oor ’n naweek verstryk, verval die naam op die laaste voorafgaande werkdag, d.w.s die Vrydag.)

  • In die geval van ’n navraag in verband met die name wat die aansoeker voorgestel het, word die CK7-vorm vir wysiging en herindiening aan die aansoeker teruggestuur.
  • Indien die aansoek om naamreservering nie suksesvol is nie, word die koste van die aansoek aan die aansoeker terugbetaal.

2.   Beslote korporasie se stigtingsverklaring

  • Die werklike registrasie van die BK kan eers verwerk word nadat die BK se voorgestelde naam goedgekeur en geregistreer is.

  • Die registrasieproses begin by die invul en indien van die vorm “Beslote korporasie se stigtingsverklaring” (CK1). Die koste is R100. Klik hier vir hulp met die invul van hierdie vorm. U kan ook hier ’n CK1 elektronies indien.
    • Hierdie vorm verlang belangrike inligting oor die voorgestelde BK, soos besonderhede van die lede, die aard van die besigheid, sy adres, ens.
    • CK1-vorms kan afgelaai en gedruk word deur hier te klik.
    • CK1-vorms is ook verkrygbaar by Waltons of Hortors of sekere takke van CNA.
    • Die CK1-vorm bestaan uit drie bladsye:
      • Bladsy 1 en 2, wat vir alle registrasie-aansoeke ingevul moet word
      • Bladsy 3 is slegs ter sake as daar meer as 4 lede is.
    • Die vorm moet met swart ink in blokletters ingevul word.
    • Geen wysigings word toegelaat nie.

  • Die oorspronklike CK1-vorm moet ingevul en by die Kantoor van die Registrateur van Beslote Korporasies in Pretoria. ingedien word. Fotokopieë word nie aanvaar nie.

  • Die naam en praktyknommer van die rekenpligtige beampte moet op bladsy 1 van die CK1-vorm verstrek word.
    • ’n Oorspronklike, getekende brief van die rekenpligtige beampte met bevestiging van sy instemming om vir die BK op te tree, moet die CK1-vorms vergesel.

  • Die rekenpligtige beampte moet by een van die volgende instelings geregistreer wees:
    • The South African Institute of Chartered Accountants (SAICA)
    • Ouditeure geregistreer ingevolge die bepalings van die Auditing Profession Act van 2005 (CA)
    • The South African Institute of Chartered Secretaries and Administrators (ICSA)
    • The Chartered Institute of Management Accountants (CIMA).
    • The South African Institute of Professional Accountants (SAIPA).
    • The Institute of Administration and Commerce in Southern Africa (IAC), en wat die Diploma in Accountancy behaal het.
    • The Institute of Administration and Commerce in Southern Africa (IAC), en wat die Diploma in Cost and Management Accountancy behaal het.
    • The Institute of Administration and Commerce in Southern Africa (IAC), en wat die Diploma for Company Secretary behaal het.
    • The Association of Chartered Certified Accountants (ACCA)
    • The Chartered Institute of Business Management (MCIBM)
    • The South African Institute of Business Accountants (SAIBA)

  • Die brief waarin die naamreservering bevestig word, moet die ingevulde CK1-vorm vergesel.

  • Laat 5 werkdae toe vir verwerking en by afhandeling sal ’n bevestigingsertifikaat vir die goedgekeurde CK1-vorm, waarin die registrasienommer en registrasiedatum aangegee word, aan die BK gepos word of per e-pos gestuur word.

  • Nie-Suid-Afrikaanse burgers wat as lede van ’n BK in die RSA wil registreer, moet ’n brief indien wat hul land van herkoms, paspoortnommer en geboortedatum aandui en hulle moet die Departement van Binnelandse Sake oor werk- of immigrasiepermitte nader.

Kennisgewing van wysiging van stigtingsverklaring

Wanneer enige wysiging aan ’n geregistreerde beslote korporasie aangebring word, moet die Kantoor van die Registrateur van Beslote Korporasies verwittig word.

Veranderinge kan, byvoorbeeld, verband hou met lidmaatskap (nuwe lede wat bykom, lede wat bedank het, ens.), met die rekenpligtige beampte, met die posadres van die BK, ens.

  • Veranderinge moet op die “Gewysigde stigtingsverklaring”-vorm (CK 2) aangeteken word. Hierdie vorm kan gratis ingedien word en dit kan elektronies op die CIPRO-webtuiste gedoen word.

  • Die CK2-vorm bestaan uit deel A, deel B en deel C.
    • Deel A het betrekking op veranderinge met betrekking tot die naam van die BK of die aard van sy besigheid.
    • Deel B het betrekking op veranderinge rakende lidmaatskapbesonderhede.
    • Deel C het betrekking op ’n persoon wat ophou om ’n lid te wees. In die geval van dood moet die eksekuteur se brief en NIE ’n doodsertifikaat nie, aangeheg word.

  • Vir veranderinge met betrekking tot die rekenkundige beampte of die geregistreerde adres, moet vorm CK2A ingedien word.

  • Vir die CK2 is ’n bedrag van R30-00 is betaalbaar vir veranderinge met betrekking tot deel A, maar veranderinge met betrekking tot deel B is gratis.

  • Die CK2 -vorm moet in swart ink en in blokletters ingevul word.

  • Die ondertekende CK2-vorm moet by die Kantoor van die Registrateur van Beslote Korporasies in Pretoria. ingedien word. Laat asb. 15-20 werkdae vir verwerking toe.

  • Wanneer die veranderinge verwerk is, sal ’n oorspronklike CK2-sertifikaat wat die registrasie van die wysigings bevestig, aan die BK gestuur word.

  • Geen wysigings word op die vorm toegelaat nie.


Terms and Conditions
and Privacy Statement Copyright © CIPRO 2008