Cipro Home Page
 (17)Start Here...
 
 Customer Log In
UserName: Password:
Enter code as shown above:

Bank Customer

Forgot password?

REGISTER AS CUSTOMER
 Enterprise Enquiry
Enterprise Name:

Enterprise number:
//
 Name Search
Enter the enterprise name you wish to search for...
Search Operators
Search Site Contents
Search the contents of this website for keyword.
Gateway To Formal Economic Participation

      Logged in as:
 
  
 
 
 
 
Tswana Version | Zulu Version | English Version
Invul van CK7 en CK1

Hoe om CK7 in te vul

Deel A
Dui deur middel van ’n regmerkie of ’n kruisie aan of dit ’n voorgestelde naam of ’n vertaalde of verkorte weergawe is.

Voorsiening is gemaak vir tot ses voorgestelde name in voorkeurvolgorde.

  • Aansoekers word aangeraai om meer as een naam voor te stel.
  • Dit is onwaarskynlik dat ’n naam wat geen aanduiding van die aard van die besigheid gee nie, aanvaar sal word, bv. “Dora’s” in plaas van “Dora’s Fashions”.

Deel B
Laat hierdie deel oningevul. Dit is vir kantoorgebruik gereserveer.

Deel C

  • Van toepassing indien ’n naam of ’n naam en van gebruik word
  • Indien ’n vreemde woord as deel van die maatskappynaam gebruik word
  • Indien die voorgestelde naam soortgelyk is aan ’n naam wat reeds geregistreer is
    ** Soos aangedui in Praktyknota 5 van 2009, indien die voorgestelde naam verwant is aan ‘n bestaande BK of maatskappy moet die CK7 vergesel word deur die volgende dokumente:
    1. Skriftelike bewys van die BK of maatskappy op dié se briefhoof, geteken deur die mees senior beampte van daardie BK of maatskappy
    2. ‘n Gesertifiseerde kopie van die identiteitsdokument van die direkteur(e) of lid/lede.

Deel D

  • Selfverklarend

Hoe om die CK1 in te vul

  1. Vorm CK1 kan in hoofletters ingevul word, getik word, gelitografeer word of in leesbare karakters in swart ink gedruk word.

  2. Indien iemand namens ’n lid teken, moet die volmag aangeheg word.

  3. Minderjariges (persone jonger as 18 jaar), kinders en ander persone wat handelingsonbevoeg is, moet deur hul ouers, voogde of verteenwoordigers, wat die geval ook al is, bygestaan word en die hoedanigheid moet vermeld word.

  4. Indien ’n identiteitsdokument nog nie uitgereik is nie, moet ’n geskrewe verklaring te dien effekte aangeheg word. In die geval van vreemdelinge word ’n paspoort en ’n afskrif daarvan vereis asook ’n geskrewe brief wat verklaar dat hy/sy nie ’n Suid-Afrikaanse burger is nie.

  5. Die volgende besonderhede moet onder die opskrif “LEDE” verskaf word:
    • Van (In die geval van ’n regspersoon, gee die naam en hoedanigheid. In die geval van ’n trustee, gee ook die naam en besonderhede van ’n testamentêre trust. Indien ampshalwe as trustee, administrateur, eksekuteur of kurator opgetree word, meld hoedanigheid.)
    • Volle name.
    • Identiteitsnommer.
      • Indien ’n identiteitsnommer nog nie uitgereik is nie, meld die geboortedatum en kyk punt 5 hierbo.
      • In die geval van ’n regspersoon, meld registrasienommer. (‘n BK of maatskappy kan nie ‘n lid van ‘n BK wees nie.)
    • Die omvang van ’n individuele lid se belang as ’n persentasie uitgedruk. Dit moet deel van ’n totaal van 100% wees
    • Besonderhede van ’n bydrae en ’n billike geldwaarde daarvan (indien toepaslik).
    • Woonadres.
    • Posadres.
    • Handtekening van lid of verteenwoordiger (indien van toepassing).
    • Datum van ondertekening.
    • Indien daar vier of minder lede is, hoef slegs bladsy 1 en 2 ingevul te word. Bladsy 3 hoef slegs ingevul te word indien daar meer as 4 lede is.


Terms and Conditions
and Privacy Statement Copyright © CIPRO 2008