Cipro Home Page
 (17)Start Here...
 
 Customer Log In
UserName: Password:
Enter code as shown above:

Bank Customer

Forgot password?

REGISTER AS CUSTOMER
 Enterprise Enquiry
Enterprise Name:

Enterprise number:
//
 Name Search
Enter the enterprise name you wish to search for...
Search Operators
Search Site Contents
Search the contents of this website for keyword.
Gateway To Formal Economic Participation

      Logged in as:
 
  
 
 
 
 
Zulu Version | Tswana Version | English Version
Wie is Cipro?

Hierdie maatskappy het op 1 Maart 2002 ontstaan uit die samesmelting van twee voormalige direktorate van die Departement van Handel en Nywerheid - SACRO, South African Companies Registration Office, en SAPTO, South African Patents & Trade Marks Office - in ’n enkele doeltreffende en kliëntgedrewe besigheidseenheid met die naam CIPRO.

Hierdie webtuiste is ’n nuwe leweringskanaal wat gebruik sal word om volgens ons strategiese doelstellings aan al ons kliënte en belanghebbendes nuwe geoutomatiseerde en elektroniese dienste te bied. Dit sal ook as ’n gerieflike toegangspunt gebruik word deur ons kliënte en belanghebbendes, wat 24 uur per dag en 7 dae per week inligting sal kan kry soos en wanneer hulle dit nodig het.

Hierdie webtuiste bevat gebruikervriendelike aanwysings en die nuutste inligting wat ons kliënte en belanghebbendes op die hoogte van die jongste verwikkelinge in hierdie kantoor sal hou.

Ons vertrou dat u u besoek aan ons webtuiste sal geniet. Vir bystand deur ons goed opgeleide span, skakel ons Kliëntekontaksentrum by 0861 843 384 vir nasionale oproepe en +27 11 254 9405 vir internasionale oproepe.

Visie

Om die wêreldleier te wees in die doeltreffende registrasie van besighede en intellektuele-eiendomsregte.

Missie

Om besighede en intellektuele-eiendomsregte te registreer, die betrokke registers by te hou en inligting vir verskaffing aan belanghebbendes te ontwikkel.

Slagspreuk

“Die poort na formele ekonomiese deelname”

Korporatiewe waardes

  • Billikheid
  • Akkuraatheid
  • Eerlikheid/Integriteit
  • Kliëntgerigtheid
  • Aanspreeklikheid
  • Vertroue
  • Bemagtiging
  • Deursigtigheid

CIPRO se doelwitte

Doelwit 1 : Die verskaffing van waardetoegevoegde, doeltreffende dienslewering.

Doelwit 2 : Die implementering van nuwe tersaaklike veranderinge in wetgewing.

Doelwit 3 : Die vestiging en verskansing van ondernemingbestuur.

Doelwit 4 : Die instelling en vaslegging van breë geografiese toegang tot CIPRO- dienste.


Terms and Conditions
and Privacy Statement Copyright © CIPRO 2008